Find the right local SA financial advisor now!

BELASTING VERLIGTING VIR KLEIN SAKE-ONDERNEMINGS

Die belastinglas van die belastingbetalende PUBLIEK IN Suid-Afrika is van die swaarste in die wereld. Daarom moet BELASTINGPLIGTIGES elke MOONTLIKE geleentheid wat hom voordoen om HULLE belastinglas te verminder, ten volle benut. Een daarvan is die sogenaamde kleinsake-korporasies.

WAT IS 'N KLEINSAKE-KORPORASIE?

 

Die begrip kleinsake-korporasie (KSK) is enkele jare gelede deur middel van Artikel 12 (E) in die Inkomstebelastingwet ingebring. Die doel daarvan is om kleinsake-bedrywighede deur belastingverligtings te stimuleer. Om vir die belastingvoordele van KSKs te kwalifiseer, moet 'n belastingentiteit aan die volgende vereistes voldoen:

Dit moet 'n maatskappy of 'n beslote korporasie (BK) wees. 'n Eenmansaak, vennootskap of trust kwalifiseer nie.

Aandeelhouers/lede moet te alle tye natuurlike persone wees en nie-regspersone soos ander maatskappye, BKs of trusts nie.

Die aandeelhouers/lede mag op geen stadium gedurende die finansile jaar 'n aandeelhouer/lid in 'n ander maatskappy of BK wees nie.

Die omset van die maatskappy/BK mag nie 'n voorgeskrewe bedrag oorskry nie. Die bedrag word jaarliks tydens die begroting afgekondig en staan tans op R14 miljoen.

Sekere bedrywe word uitdruklik uitgesluit van die voordele van KSKs. Dit het hoofsaaklik betrekking op inkomste uit beleggings en die lewering van persoonlike dienste.

WATTER BELASTINGVOORDELE GENIET KSKs?

 

Die belastingvoordele van KSKs l hoofsaaklik op drie terreine, naamlik: Gunstige belastingtariewe, versnelde aftrekkings vir kapitale uitgawes en 'n spesiale aftrekking vir KWB.

 

Belastingtariewe

KSKs geniet beter inkomstebelastingtariewe as ander belastingentiteite en wel soos volg:

Belasbare inkomste Tarief

Tot R40 000 Nul

R40 001 R300 000 10% van bedrag bo R40 000

R300 000+ R26 000 + 29% van bedrag bo R300 000

In sommige gevalle kan Sekondre Belasting op Maatskappye (SBM) gehef word. SBM is 'n belasting op dividende en word in die geval van 'n BK op onttrekkings deur lede gehef. Die praktiese werking van die belastingskale kan aan die hand van die onderstaande voorbeeld gellustreer word. Die volgende veronderstellings word gemaak:

Eerstens, dat dit 'n BK is wat net een lid het.

Tweedens, die belasbare inkomste van die BK word beperk tot R300 000.

Derdens, die volle na-belaste wins word onttrek en SBM word daarop gehef.

Op 43 000 0% R ----

Op 257 000 10% (na 1/10/07) 25 700

25 700

Plus: SBM : R274 300 x 10,00

110,00 24 937

Totaal R50 637

 

Dit werk uit op 17%. Vir gewone maatskappye wat teen 29% plus SBM belas word, sal die bedrag uitwerk op R106 364 (35%), vir 'n individu R67 900 (23%, teen 2008-koerse) en vir 'n trust R120 000 (40%).

Die volgende aspekte moet ook in gedagte gehou word:

'n Individu betaal geen belasting tot op R43 000 nie. 'n Salaris van R43 000 kan dus aan die lid betaal word, waarop daar geen belasting betaal sal word nie. Dit bring dus die effektiewe koers verder af na 15%.

Indien SBM nie toegepas word nie, bring dit die effektiewe koers af na 7,5% en daar is maniere om aan die SBM-verpligting te ontkom, naamlik:

- Die wins kan in die BK gelos word vir moontlike kapitale uitbreidings.

- Bates kan deur middel van 'n leningsrekening oorgedra word na die BK. 

Die leningsrekening sal dan 'n kredietsaldo ten gunste van die lid h. In plaas van om winste in die vorm van dividende te neem, kan dit as onttrekkings teen die leningsrekening belas word. Tot tyd en wyl daar 'n debietsaldo op die leningsrekening ontstaan, sal daar dus geen SBM wees nie.

 

- Die Inkomstebelastingwet laat 'n BK 12 maande na sy jaareinde toe om 'n debietsaldo op 'n leningsrekening uit te wis voor SBM gehef word. Deur verdere kapitaalinspuitings kan die SBM-verpligting dus uitgestel word.

 

- Indien daar nie met bogenoemde drie metodes geslaag word nie, bly daar nog een metode oor. Daar kan rente teen die leningsrekening gehef word en die koers mag nie laer wees as die amptelike koers van die Kommissaris nie. Tans is dit 9%. Die lening word dan beskou as 'n lening in die normale gang van die besigheid en geen SBM word daarop belas nie.

 

n Debietsaldo op 'n leningsrekening gee aanleiding tot 'n ander probleem, naamlik die ontstaan van 'n skuld in die boedel van die lid by sy afsterwe en dit kan moontlik aanleiding gee tot 'n kontanttekort in die boedel. Daar is maniere om hierdie probleem aan te spreek, maar dit val buite die veld van hierdie artikel.

q Die belastingbesparing hierbo bereken is vir een KSK met een lid vir een jaar. Besparings kan eksponensieel toeneem as meer as een KSK oor 'n aantal jare ingespan word.

Aftrekkings vir kapitale uitgawes

- Masjinerie en toerusting wat in 'n vervaardigingsproses gebruik word, kan ten volle afgeskryf word in die jaar van aanskaffing.

- Vir enige ander masjinerie en toerusting geld die 50/30/20-formule. Daarvolgens word 50% van die koopprys afgeskryf in die jaar van aankoop, 30% in die tweede jaar en 20% in die derde jaar.

 

Kapitaalwinsbelasting

Onder sekere omstandighede is daar ook 'n korting van R750 000 wanneer 'n belang in 'n KSK verkoop word. 

HOE KAN DIE BELASTINGVOORDELE VAN KSKs DEUR ONDERNEMERS BENUT WORD?

 

Enige ondernemer wat sy sake so kan inrig dat hy aan die vereistes van Art 12E voldoen, kan die voordele benut.

KSKs kan baie goed benut word in familiebesighede, veral waar sodanige besighede verskillende vertakkinge het. Elke vertakking kan oorgedra word na 'n KSK waarin 'n familielid die belang kry. Op di wyse kan groot belastingbesparings bewerkstellig word. Gades, oupas en oumas en selfs minderjarige kinders kan by die proses betrek word.

Die feit dat slytasiekoerse vir KSKs dieselfde as vir boerderye is, maak KSKs besonder aantreklik vir boere. Boere wat landbouprodukte verder verwerk kry nog die versnelde 100% afskrywing op toerusting wat in 'n vervaardigingsproses gebruik word.

Hierdie artikel is geskryf deur Frikkie Strauss, 'n professionele rekenmeester en belastingkonsultant van Piketberg. Slegs die algemene beginsels in verband met KSKs is geskets. Daar is ook fyner besonderhede wat in ag geneem moet word en persone wat die gebruik van KSKs oorweeg, word aangeraai om professionele advies in te win. Die skrywer kan nie verantwoordelik gehou word vir enige nadelige gevolge wat uit die gebruik van die inligting mag voortvloei nie.

Frikkie Strauss kan geskakel word by 022 913 2391.