Find the right local SA financial advisor now!

HOE WORD BOEDELBELASTING BEREKEN

Artikel deur ProkureurNanika Prinsloo

Daar is twee goed in die lewe wat ‘n gegewe is, soos ons weet, en dit is die dood en belasting.  Ons betaal selfs in die dood belasting en een van sulke belastings is boedelbelasting.

Gelukkig was Boedelbelastingwet so geskryf dat daar maniere is om boedelbelasting te verminder of the vermy.  Dit is daarom baie belangrik om boedelbeplanning te doen wanneer u u testament skryf.  Konsulteer liewer met ‘n professionele persoon om u by te staan hiermee, anders kan dit ‘n baie duur oefening word en u kan nie die probleem regmaak na u dood nie.

HOE WORD BOEDELBELASTING BEREKEN

Boedelbelasting word bereken deur sekere items saam te tel en dan weer sekere items af te trek.  Ons sit breedweg hieronder uiteen hoe om boedelbelasting te bereken:

TEL BYMEKAAR:

Alle eiendomme en geagte eiendom van die oorledene.  Dit sal ‘n bruto waarde van die boedel van die oorledene gee.

TREK DIE VOLGENDE AF:

Die volgende kan afgetrek word van die totaal van die eiendom en geagte eiendom, naamlik:

Begrafniskoste en doodsbed uitgawes; skulde van die oorledene, administratiewe kostes, waardasiefooie, sekere buitelandse eiendom, usufruct of fideicommissum;  bemakings aan publieke maatskaplike organisasies; onderhoudseise; items/bedrae wat geerf word deur die oorlewende eggenoot(ote).

Die bedrag wat dan oorbly is die netto waarde van die boedel van die oorledene.

TREK DIE KORTING AF

‘n Korting van R3,500,000 (Drie en ‘n Half Miljoen Rand) kan afgetrek word van die netto waarde van die boedel in terme van Artikel 4A van die Boedelbelastingwet.  (Dit is ‘n korting wat toegelaat word aan alle oorledenes om die waarde van hul boedels te verminder na dood.)

Die balans wat hier oorbly is die bedrag wat belas word vir boedelbelastingdoeleindes.

Met ander woorde, dit is op hierdie balans wat u boedel boedelbelasting op gaan betaal.

HOEVEEL BOEDELBELASTING?

Boedelbelasting word bereken teen 20% van die belasbare boedelbedrag.

Byvoorbeeld, as Jan se belasbare boedel R1miljoen is, dan betaal hy 20% daarvan aan boedelbelasting, met ander woorde R200 000.

Dit is duidelik uit die bostaande waarom dit so belangrik is dat u behoorlike boedelbeplanning doen voordat u u testament opstel.  Byvoorbeeld, as u boedel nog steeds R10miljoen is nadat alles afgetrek is wat afgetrek kan word, gaan u boedel R2miljoen aan boedelbelasting betaal!  Daar is verskeie meganismes om van gebruik te maak om u boedel sodanig te verminder dat u geen boedelbelasting betaal nie.  

Gebruik dus ‘n professionele persoon met die nodige ondervinding wanneer u u testament wil skryf hersien.  Kontak ons of kontak u finansiele adviseur.

Hierdie artikel is geskryf deur Nanika Prinsloo of Prinsloo & Genote Prokureurs.

www.empowerlaw.co.za

Sel:  072 8558 106